2 Johannes 1 - Die Bybel 2020-vertaling

1Die Oudste

aan die uitverkore vrou en haar kinders, wat ek in die waarheid liefhet – en nie net ek nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het –

2op grond van die waarheid wat in ons bly, en vir ewig met ons sal wees:

3Die genade, barmhartigheid en vrede van God, die Vader, en van Jesus •Christus, die Seun van die Vader, sal met ons wees – in waarheid en liefde.

'n Lewe in waarheid en liefde

4Ek was baie bly dat ek van jou kinders teëgekom het wat die pad van waarheid loop, in ooreenstemming met 'n gebod wat ons van die Vader ontvang het.

5En nou vra ek jou, vrou, nie as 'n nuwe gebod wat ek aan jou skryf nie, maar as een wat ons van die begin af gehad het, dat ons mekaar moet liefhê.

6En dit is die liefde: dat ons volgens sy opdragte leef. Dit is die opdrag wat julle van die begin gehoor het: dat julle daarvolgens moet leef.

Waarskuwing teen dwaalleer

7Want baie verleiers het in die wêreld na vore gekom – dié wat nie bely dat Jesus •Christus as mens gekom het nie. So iemand is die verleier en die Antichris.

8Let daarop dat julle nie verloor wat ons deur harde werk verkry het nie, maar eerder 'n volle loon ontvang.

9Elkeen wat nie by die leer van Christus bly nie, maar verder as dit wil gaan, het God nie; wie by die leer bly, so iemand het die Vader sowel as die Seun.

10As iemand na julle kom en nie hierdie leer oordra nie, moet julle hom nie in julle huis ontvang nie, en hom nie groet nie.

11Want wie hom groet, het aandeel aan sy bose werke.

Mededelings en groete

12Hoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met ink op papirus doen nie, maar ek hoop om na julle te kom, en van aangesig tot aangesig te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees.

13Die kinders van jou uitverkore suster groet jou.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help