Psalms 60 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Op “Narsing van getuienis”. 'n Miktaam. Van Dawid. Om te onderrig.

2 Toe hy geveg het teen Aram-Naharajim en Aram-Soba, en Joab teruggekeer en twaalfduisend Edomiete in die Soutvallei verslaan het.

3 O God, U het ons verstoot,

ons uitmekaar geslaan.

U was toornig.

Herstel ons!

4U het die land geskud,

dit oopgekloof.

Maak sy breuke heel,

want dit wankel.

5U het u volk moeilike tye laat beleef;

U het ons wyn laat drink

wat ons laat steier.

6U het aan hulle wat vir U ontsag het,

'n banier gegee waaronder

hulle byeen kan kom,

weg van die boogskutters. •Sela

7 Sodat u geliefdes gered kan word –

verlos tog met u regterhand

en antwoord ons!

8God self het in sy heiligdom verklaar:

“Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel,

die vallei van Sukkot gaan Ek afmeet.

9Aan My behoort Gilead,

aan My Manasse;

Efraim is 'n beskutting vir my kop,

Juda is my heerserstaf.

10Moab is my waskom,

op Edom gooi Ek my sandaal;

oor My moet jy juig, Filistea.”

11Wie sal my bring na 'n versterkte stad?

Wie sal my lei tot by Edom?

12Is dit nie U, o God,

wat ons verstoot het nie?

U, o God, trek nie meer

saam met ons leërs uit nie.

13Kom ons te hulp teen teenstanders –

die hulp van mense is nutteloos.

14Met God tree ons dapper op –

Hý sal ons teenstanders vertrap.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help