Maleagi 4 - Die Bybel 2020-vertaling

1 “Want kyk, die dag gaan kom, dit gaan brand soos 'n oond. Dan sal al die verwaande mense en elke booswig kaf wees, en die dag wat kom, sal hulle verbrand,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “daar sal nie wortel of tak van hulle oorbly nie.

2 Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam, sal die son van geregtigheid deurbreek met genesing in sy strale. Dan sal julle uitgaan en bokspring soos kalwers wat op stal was,

3en julle sal die goddeloses vertrap. Ja, hulle sal as onder die sole van julle voete wees, op die dag wat Ek voorberei,” sê die Here, Heerser oor alle magte.

4“Onthou die Wet van Moses, my dienskneg, wat Ek hom by Horeb beveel het en wat vir die hele Israel geld – die vaste voorskrifte en bepalings.

5 Kyk, Ek gaan Elia, die profeet, vir julle stuur voordat die groot en verskriklike dag van die Here kom.

6Hy sal ouers met kinders versoen en kinders met ouers, sodat Ek nie hoef te kom en die land met 'n banvloek tref nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help