1'n Psalm. Vir lofprysing.
Juig tot eer van die Here, o ganse aarde!
2Dien die Here met blydskap,
kom in sy teenwoordigheid
met 'n gejubel.
3Erken dat die Here God is;
Hy het ons gemaak;
aan Hom behoort ons,
sy volk, die kleinvee wat Hy laat wei.
4Gaan sy poorte binne met lofprysing,
sy voorhowe met 'n loflied;
loof Hom, prys sy Naam.
5Want die Here is goed,
vir ewig duur sy troue liefde,
van geslag tot geslag sy trou.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.