Psalms 4 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Psalm. Van Dawid.

2 God wat my reg handhaaf,

antwoord my wanneer ek roep.

Toe ek in die noute was,

het U vir my ruimte gemaak;

wees my genadig, en hoor my gebed.

3Mense, hoe lank nog

gaan julle my eer skend?

Julle het nietigheid lief,

julle jaag leuens na. •Sela

4Julle moet weet dat die Here

sy getroue volgelinge

uitsonderlik behandel.

Die Here hoor wanneer ek

na Hom roep.

5Sidder, moenie sondig nie;

dink na op julle beddens

en wees stil. Sela

6Bring offers van geregtigheid

en vertrou op die Here.

7Baie mense sê: “Wie sal ons weer

die goeie laat beleef?”

Laat die lig van u teenwoordigheid

oor ons skyn, Here!

8U het vreugde in my hart gegee,

meer as in die tyd wanneer

mense se koring en •nuwe wyn volop is.

9In vrede kan ek gaan lê

en dadelik aan die slaap raak,

want net U, Here,

laat my veilig woon.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help