Job 11 - Die Bybel 2020-vertaling

Sofar se eerste betoog

1 Sofar uit Naäma het hierop gereageer en gesê:

2“ Moet 'n stortvloed woorde

onbeantwoord gelaat word,

of 'n loslippige man

gelyk gegee word?

3Sou jou leë praatjies mense laat swyg,

en sou jy die spot dryf

en niemand jou beskaam nie?

4 Jy beweer, ‘My siening is suiwer,

ek is rein in u oë.’

5Maar, as God maar net sou praat,

sy mond teen jou oopmaak,

6jou die geheime

van die wysheid meedeel,

dat dit dubbele voordele bied,

dan sou jy besef dat God jou 'n deel

van jou sondeskuld laat vergeet.

7 Kan jy die geheimenisse van God ontrafel,

of tot die volmaaktheid

van die Almagtige deurdring?

8 Dit is hoër as die hemel –

wat kan jy vermag?

Dit is dieper as die •doderyk –

wat kan jy weet?

9Langer as die aarde

is die maat daarvan,

en breër as die see.

10 As Hy verbygaan,

gee Hy prys of hou bymekaar;

en wie kan Hom keer?

11 Want Hy is die een

wat vals mense ken

en onreg raaksien.

Sal Hy nie daaraan aandag gee nie?

12 As iemand met 'n leë kop

verstand kon kry,

sou 'n wildedonkiehings

as 'n mens gebore kon word.

13“As jy maar net iemand was

wat jou hart daarop gerig het,

en jou handpalms na Hom

uitgestrek het!

14As daar onreg aan jou hande kleef,

raak ontslae daarvan!

Moenie ongeregtigheid

in jou tente laat woon nie!

15Want dan sal jy jou kop kan lig

sonder 'n skandvlek;

jy sal stewig staan en nie vrees nie.

16Ja, jy sal van teenspoed vergeet;

as water wat verbygevloei het,

sal jy daaraan dink.

17 Die lewe sal hoër styg

as die middagson,

die donker sal soos die oggend wees.

18Jy sal geborge voel,

want daar is hoop.

Jy sal alles deurkyk

en veilig gaan slaap;

19 jy sal gaan lê,

en niemand sal jou opjaag nie.

Baie mense sal jou guns soek.

20Maar die oë van goddeloses

raak dof

en die moontlikheid van ontvlugting

is vir hulle verlore;

hulle enigste verwagting

is om die asem uit te blaas.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help