Psalms 28 - Die Bybel 2020-vertaling

1Van Dawid.

Na U, Here, roep ek!

My Rots, moet U nie vir my

doof hou nie,

sodat ek nie, wanneer U

teenoor my sou swyg,

word soos dié wat in die put

afdaal nie.

2Luister na my smeekgebed,

as ek na U om hulp roep,

as ek my hande uitstrek

na die heiligste deel

van u heiligdom.

3Moet my nie wegvoer

saam met goddeloses nie –

mense wat onreg pleeg,

wat oor vrede praat met hulle naaste

terwyl daar kwaad in hulle harte is.

4 Vergeld hulle ooreenkomstig

hulle dade, hulle bose optrede;

vergeld hulle vir hulle handewerk,

gee hulle hulle verdiende loon.

5Omdat hulle nie ag slaan

op die Here se dade

en op sy handewerk nie,

sal Hy hulle afbreek

en nie opbou nie.

6Die Here moet geprys word,

want Hy het na my smeekgebed

geluister.

7Die Here is my krag en my skild;

op Hom vertrou my hart.

Ja, ek het hulp ontvang

en my hart jubel,

met my lied wil ek Hom prys:

8“Die Here is vir sy volk 'n krag.

Hy is die toevlug van verlossing

vir sy gesalfde.

9“Verlos tog u volk

en seën u erfdeel;

wees vir hulle 'n herder

en dra hulle vir altyd!”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help