Psalms 12 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.

2 Verlos tog, Here!

Want daar is nie meer

getroue volgelinge nie;

die betroubares onder die mense

het verdwyn.

3Die een mens belieg die ander;

met vleiende lippe praat hulle

uit twee monde.

4Mag die Here

al die vleiende lippe uitroei,

die tonge wat grootpraat,

5hulle wat sê:

“Danksy ons tonge is ons sterk;

ons lippe is onder ons beheer.

Wie is heer oor ons?”

6“Vanweë die geweld

teen die magteloses,

die gesug van die behoeftiges,

gaan Ek nóú opstaan,” sê die Here.

“Ek sal hulle wat daarna smag

na veiligheid bring.”

7Die Here se woorde is suiwer woorde,

silwer wat gelouter is

in 'n smeltoond in die grond,

dit is sewe maal gesuiwer.

8U, Here, moet hulle beskerm;

U moet elkeen altyd veilig hou

teen hierdie geslag.

9Oral loop goddeloses rond,

terwyl die gemeenheid

van mensekinders hoogty vier.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help