Psalms 52 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. 'n Maskiel. Van Dawid.

2 Toe Doëg, die Edomiet, gegaan en vir Saul berig gebring het. Hy het vir hom gesê: “Dawid het by die huis van Agimeleg aangekom.”

3 Waarom spog jy

oor 'n bose daad, krygsheld?

God se troue liefde is die hele dag daar.

4Jou tong beplan vernietiging,

soos 'n skerp skeermes,

jy wat bedrog pleeg.

5Jy hou meer van die slegte

as van die goeie,

van leuens meer

as om te sê wat reg is. •Sela

6Jy hou van allerhande

lasterlike woorde,

van 'n tong wat bedrieg.

7God sal jou daarom vir goed afbreek

Hy sal jou wegruk,

jou wegskeur uit die tent;

Hy sal jou uitpluk uit die land

van die lewendes. Sela

8Regverdiges sal dit sien en ontsag hê,

oor hom sal hulle die spot dryf:

9“Kyk die sterk man!

Hy het God nie sy toevlug gemaak nie,

maar op sy groot rykdom vertrou.

Hy soek toevlug in wat hom vernietig.”

10Maar ek is soos 'n welige

olyfboom in God se huis;

ek stel my vertroue in God

se troue liefde,

vir altyd en altyd.

11Ek sal U vir altyd prys

omdat U opgetree het.

In die teenwoordigheid

van u getroue volgelinge

vestig ek my hoop op u Naam,

want dit is goed.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help