Psalms 43 - Die Bybel 2020-vertaling

1Handhaaf my reg, o God,

en verdedig my saak

teen 'n ontroue nasie;

bevry my van mense

wat bedrog en onreg pleeg.

2U is immers die God by wie

ek toevlug soek.

Waarom verwerp U my dan;

waarom moet ek in rouklere loop

oor die verdrukking deur 'n vyand?

3Stuur u lig en u waarheid;

laat dit my lei, my bring

na u •heilige berg

en na u woonplek,

4sodat ek kan ingaan

na die altaar van God,

na die God wat my

van blydskap laat jubel,

en sodat ek U, o God, my God,

kan prys met 'n lier.

5Waarom kwyn jy weg, my siel,

en is jy so onrustig in my?

Hoop op God, want ek sal Hom,

my God, weer dank vir die

verlossing wat Hy, my God,

deur sy teenwoordigheid bring.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help