Psalms 129 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n •Pelgrimslied.

Van my jeug af het hulle my

dikwels aangeval

– laat Israel dit sê –

2van my jeug af het hulle my

dikwels aangeval,

tog kon hulle nie oor my

die oorhand kry nie.

3Ploeërs het oor my rug geploeg,

hulle ploegvore lank getrek;

4maar die Here is regverdig –

Hy het die goddeloses se toue

stukkend gesny.

5Mag almal wat Sion haat,

beskaamd staan en terugdeins.

6Mag hulle wees soos gras op dakke,

wat verdroog voordat

dit uitgetrek word,

7wat nooit die handpalm vul

van een wat oes,

of die vou van die kleed

van een wat gerwe bind nie.

8En mag verbygangers nie sê nie:

“Die seën van die Here vir julle;

ons seën julle in die Naam van die Here.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help