1Halleluja!
א ALEFGelukkig is die mens
wat ontsag het vir die Here,
ב BETwat groot vreugde vind in sy gebooie.
ג GIMEL2Sy nageslag sal magtig wees
in die land –
ד DALET'n geslag opregtes wat geseën word.
ה HE3Oorvloed en rykdom is in sy huis,
ו WAWen sy geregtigheid hou stand vir altyd.
ז ZAJIN4Hy skyn in die duisternis
as 'n lig vir die opregtes;
ח GEThy is genadig, barmhartig en regverdig.
ט TET5Dit gaan goed met 'n mens
wat goedhartig is en uitleen,
י JODwat sy sake eerlik bestuur;
כ KAF6want hy sal nooit wankel nie.
ל LAMED'n Regverdige bly vir altyd
in die herinnering.
מ MEM7Vir slegte tyding is hy nie bang nie;
נ NUNsy hart is standvastig
in vertroue op die Here.
ס SAMEK8Sy hart is bestendig,
hy is nie bang nie;
ע AJINuiteindelik sien hy neer
op sy teenstanders.
פ PE9Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges;
צ TSADEsy geregtigheid hou stand vir altyd;
ק KOFmet waardigheid styg sy aansien.
ר RESJ10 Die goddelose sien dit
en vererg hom;
שׁ SJINhy kners op sy tande,
maar kwyn weg.
ת TAWDie begeerte van goddeloses
gaan tot niet.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.