Psalms 36 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Van die dienskneg van die Here. Van Dawid.

2 'n Uitspraak oor die oortreding

van 'n goddelose

leef in my gedagtes :

“Daar is geen vrees vir God nie.

3Want in sy eie oë is hy te seker

van homself om sy sondeskuld

te ontdek, om dit te haat.

4Die woorde uit sy mond

is onreg en bedrog;

hy laat na om wys op te tree,

om goed te doen.

5Onreg bedink hy op sy bed;

hy gaan staan op 'n pad

wat nie goed is nie;

kwaad verwerp hy nie.”

6 Here, tot aan die hemel

reik u troue liefde,

u getrouheid tot aan die wolke.

7U geregtigheid is soos massiewe berge,

u regspraak soos die groot •oerwater.

U verlos mens en dier, Here.

8Hoe kosbaar is u troue liefde, o God!

Mense skuil in die skadu van u vlerke.

9Hulle drink hulle versadig

aan die oorvloed van u huis,

uit die stroom van u genietinge

laat U hulle drink.

10Ja, by U is die fontein van lewe, *

in u lig sien ons lig.

11Reik met u troue liefde uit

na hulle wat U ken,

met u •geregtigheid

na die opregtes van hart.

12Laat 'n verwaande voet

my nie inhaal nie,

en die hand van goddeloses

my nie laat rondswerf nie.

13Daar val hulle

wat onreg pleeg;

hulle word platgedruk

en kan nie weer opstaan nie.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help