Job 17 - Die Bybel 2020-vertaling

1 “My gees is neerslagtig,

my dae is uitgedoof;

die graf wag op my.

2Bespotting is beslis my lot;

op hulle teenkanting bly my oog rus.

3 Hou asseblief my pand by U.

Wie anders sal vir my as borg optree?

4U het immers hulle harte

van insig weerhou;

daarom sal U hulle nie

na die hoogte neem nie.

5Wie vriende aankla

vir eie voordeel –

sy kinders se oë sal dof raak.

6“ God het van my 'n spreekwoord

onder mense gemaak;

soos spoeg in die gesig

het ek geword.

7My oë is dof van leed;

al my ledemate is maar net

soos 'n skaduwee.

8 Opregtes staan verslae hieroor;

'n onskuldige raak ontsteld

oor 'n godlose.

9 'n Regverdige hou op sy pad,

en wie rein hande het,

vermeerder sy krag.

10 Maar julle kan almal maar

aanhou terugkom.

Ek sal niemand onder julle vind wat wys is nie.

11“ My dae is verby,

my planne is daarmee heen,

ja, die begeertes van my hart.

12 Van die nag maak hulle dag:

‘Die lig is naby,

juis omdat dit donker is.’

13As ek my hoop op iets moet vestig:

Die •doderyk is my tuiste,

in die donker het ek

my bed oopgerol;

14vir die grafkuil het ek geskreeu,

‘Jy is my pa!’

vir die wurms,

‘My ma!’ en ‘My suster!’

15Waar is my hoop dan?

Ja, my hoop – wie sien dit nog?

16 Sal dit saam met my afgaan

na die doderyk?

Sal ons saam wegsink in die stof?”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help