Psalms 84 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2 Hoe lieflik is u woning,

Here, Heerser oor alle magte!

3My hele wese verlang, ja, smag

na die voorhowe van die Here;

my hart en liggaam roep uit

na die lewende God.

4Selfs 'n mossie vind 'n tuiste,

en 'n swaeltjie haar nes

waarin sy haar kleintjies neerlê,

by u altare,

Here, Heerser oor alle magte,

my Koning en my God!

5Gelukkig is hulle wat in u huis woon!

Hulle loof U gedurig. •Sela

6Gelukkig is mense wie se krag in U lê!

Die pelgrimstogte leef

in hulle gedagtes:

7Trek hulle deur die Baka-vallei,

maak hulle daarvan 'n landskap

ryk aan fonteine;

die vroeë reën maak dit

selfs vol waterpoele.

8Hulle gaan van krag tot krag;

elkeen verskyn voor God in Sion.

9 Here, God, Heerser oor alle magte,

hoor tog my gebed,

luister tog, God van Jakob! Sela

10O God, sien ons skild raak,

slaan ag op u gesalfde;

11want 'n dag in u voorhowe

is beter as duisend daarbuite.

Ek wag liewer op die drumpel

van die huis van my God

as om te woon in die tente

van goddeloosheid.

12Ja, 'n son en skild is die Here God;

genade en eer is wat die Here skenk.

Hy hou wat goed is nie terug van

hulle wat onberispelik leef nie.

13 Here, Heerser oor alle magte,

gelukkig is mense wat op U vertrou!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help