Psalms 1 - Die Bybel 2020-vertaling

INLEIDING(Ps 1 – 2)

1Gelukkig is die mens

wat nie die raad

van goddeloses volg,

nie op die pad van sondaars

gaan staan

en nie in die byeenkoms

van spotters sit nie,

2maar wat vreugde vind

in die wet van die Here

en sy wet dag en nag

mymerend prewel.

3So iemand sal wees soos 'n boom

geplant langs watervore,

wat sy vrugte op sy tyd gee

en waarvan die blare nie verdor nie.

Alles wat hy aanpak, gedy.

4So is die goddeloses nie;

inteendeel, hulle is soos kaf

wat die wind wegwaai.

5Daarom sal goddeloses nie kan opstaan

tydens die regspraak,

of sondaars in die byeenkoms

van •regverdiges nie.

6Ja, die Here dra sorg

vir die pad van regverdiges,

maar die pad van goddeloses

loop dood.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help