Prediker 10 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Dooie vlieg laat die olie

van 'n salfmenger stink en gis;

'n bietjie dwaasheid het groter

gevolge as wysheid, as eer.

2Die hart van 'n wyse is na regs,

maar die hart van 'n dwaas

na links.

3 Selfs op pad, soos 'n dwaas vorder,

toon hy 'n gebrek aan insig;

hy gee aan elkeen te kenne

dat hy dwaas is.

4 As die heerser sy humeur

teenoor jou verloor,

moenie jou pos verlaat nie,

want kalmte maak

ernstige oortredings onskadelik.

5 Daar is 'n euwel

wat ek gesien het onder die son,

'n mistasting

wat by die heerser ontstaan:

6Die dwaas word in vele hoë

posisies geplaas,

terwyl rykes in lae posisies sit.

7Ek het slawe op perde gesien,

en •hoë amptenare

wat op die grond loop soos slawe.

8Wie 'n put grawe,

kan self daarin val;

en wie 'n muur afbreek –

'n slang kan hom pik.

9Wie klippe uitbreek,

kan homself daarmee beseer;

wie hout kloof,

kan daardeur in gevaar kom.

10As die byl stomp word,

en 'n mens die snykant

nie geslyp het nie,

moet hy meer kragte inspan.

'n Voordeel is om wysheid in te span.

11As die slang pik voor hy besweer is,

is daar geen voordeel

vir die besweerder nie.

Gedigte oor praat en stilbly

12Woorde uit die mond van 'n wyse

bring guns,

maar die lippe van 'n dwaas

oorweldig hom.

13Die begin van die woorde

uit sy mond is dwaasheid,

en die einde van sy gepraat

is rampspoedige domheid.

14En die dwaas het soveel te sê!

Die mens weet nie wat sal gebeur nie;

wat ná hom gaan gebeur –

wie kan hom daaroor inlig?

15Die inspanning van 'n dwaas

maak hom moeg,

hy wat nie weet hoe om die stad

te bereik nie.

16 Wee jou, land,

as jou koning nog 'n kind is,

en jou hoë amptenare

soggens feesvier.

17Gelukkig is jy, land,

as jou koning van edeles afstam,

en jou hoë amptenare

op die regte tyd feesvier,

met selfbeheersing

en nie met 'n gedrink nie.

18Opperste luiheid

laat die dakbalke uitsak,

en slap hande laat die huis lek.

19Feeste word gehou vir plesier

en wyn vrolik die lewe op –

geld maak dit alles moontlik.

20Selfs in jou gedagte moet jy

die koning nie vervloek nie,

en selfs in jou slaapkamer moet jy

'n ryke nie vervloek nie.

Want die voëls van die hemel

kan die geluid wegdra,

'n gevleuelde kan dalk

'n woord oordra.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help