Psalms 39 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Vir Jedoetoen. 'n Psalm. Van Dawid.

2 Ek het my voorgeneem

om te let op my optrede

en my tong van sonde te weerhou;

ek moet 'n wag voor my mond plaas

wanneer goddeloses

in my teenwoordigheid is.

3Ek het toe stilgebly, doodstil;

ek was stil sonder om 'n woord te sê,

maar my pyn het vererger.

4My hart het gegloei in my binneste;

toe ek gesug het,

het die vuur opgevlam,

my tong het los geraak:

5“Here, maak my einde aan my bekend

en die getal van my dae, hoeveel dit is.

Ek wil weet hoe verganklik ek is.

6Kyk, U het my lewensdae

net 'n paar handbreedtes gemaak,

en my lewensduur is soos niks voor U.

Elke mens wat stewig staan,

is 'n blote asemteug. •Sela

7As 'n blote skaduwee

gaan mense deur die lewe.

Ja, terwyl hulle 'n blote

asemteug is, werskaf hulle –

mense maak bymekaar,

maar weet nie wie dit gaan kry nie.

8“En nou, wat verwag ek, my Heer?

My hoop, op U is dit gevestig.

9Verlos my van al my oortredings;

maak my nie die bespotting

van 'n dwaas nie.

10“Ek bly stil,

ek maak my mond nie oop nie,

want dit is U wat optree.

11Neem u teistering van my af weg;

onder die krag van u hand vergaan ek.

12Met straf oor sondeskuld

wys U 'n mens tereg;

asof 'n mot dit verteer,

laat U dit wat vir hom

waardevol is, wegsmelt.

'n Blote asemteug is elke mens. Sela

13“Hoor tog my gebed, Here,

en luister na my hulpgeroep;

moenie swyg by my trane nie,

want 'n •vreemdeling is ek by U,

'n bywoner, soos al

my voorgeslagte.

14Kyk weg van my af

sodat ek vrolik kan wees,

voordat ek heengaan

en nie meer daar is nie.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help