Psalms 122 - Die Bybel 2020-vertaling

1 'n •Pelgrimslied. Van Dawid.

Ek was bly toe hulle vir my gesê het:

“Kom ons gaan na die huis

van die Here.”

2Ons voete staan in jou poorte,

Jerusalem –

3Jerusalem, gebou as 'n stad

wat as 'n eenheid saamgebind is,

4waarheen die stamme optrek,

die stamme van die Here,

soos aan Israel voorgeskryf is,

om die Naam van die Here te prys.

5Want daar staan trone vir regspraak,

die trone van die huis van Dawid.

6Bid vir die vrede van Jerusalem:

“Mag dié wat jou liefhet,

rustig leef;

7mag daar vrede wees

by jou verdedigingswal,

rustigheid in jou vestings. ”

8Ter wille van my •broers

en vriende sê ek graag:

“Mag daar vrede in jou wees!”

9Ter wille van die huis

van die Here ons God

wil ek die goeie vir jou nastreef.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help