Psalms 141 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Psalm. Van Dawid.

Here, ek roep U aan;

kom gou na my toe!

Luister na my stem

wanneer ek na U roep.

2 Mag my gebed standhoudend

voor U wees soos reukwerk,

die ophef van my hande

soos die aandoffer.

3 Here, plaas 'n wag voor my mond,

bewaak die deur van my lippe.

4Moet my hart nie laat neig

na iets wat sleg is nie,

sodat ek nie deur 'n misstap

roekeloos optree

saam met manne

wat onreg pleeg nie;

laat ek tog nie aan hulle lekkernye

proe nie.

5 'n Regverdige kan my maar slaan –

dit is uit troue liefde;

hy kan my maar teregwys –

dit is olie vir die kop.

My kop sal dit nie weier nie.

Maar my gebed

sal steeds gerig wees teen

daardie mense se bose dade.

6Al sou hulle regeerders

oor die rand van 'n krans

afgegooi word,

sou hulle steeds hoor

dat my woorde aangenaam is.

7Soos wanneer iemand grond

omploeg en vore daarin maak,

lê ons beendere uitgestrooi

by die ingang van die •doderyk.

8Maar op U, Here, my Heer,

bly my oë gerig;

by U skuil ek.

Moenie my lewe uitgiet nie.

9Beskerm my teen die greep

van die vangnet

wat hulle vir my gespan het,

teen die valstrikke van hulle

wat onreg pleeg.

10Laat goddeloses

in hulle eie vangnette val,

terwyl ek alleen daar verbygaan.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help