Psalms 5 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Met fluitspel. 'n Psalm. Van Dawid.

2 Luister tog na my woorde, Here;

hoor my versugting!

3Slaan ag op my noodkreet,

my Koning en my God,

want tot U bid ek!

4 Here, in die oggend

hoor U my stem,

in die oggend lê ek my saak

aan U voor, en wag.

5Ja, U is 'n God

wat goddeloosheid nie duld nie;

boosheid kan by U nie vertoef nie.

6Verwaande mense kan voor U oë

nie staande bly nie;

U het 'n weersin in almal

wat onreg pleeg.

7U laat leuenaars ten gronde gaan;

die Here verafsku mense

wat bloed vergiet

en bedrog pleeg.

8Maar ék mag op grond van

u oorvloedige troue liefde

na u huis kom;

uit ontsag vir U buig ek

in aanbidding na u •heilige •tempel.

9Lei my deur u geregtigheid, Here,

omdat ek teenstanders het;

maak u pad reguit voor my.

10Daar kom immers niks betroubaars

uit hulle monde nie,

hulle binneste huisves vernietiging,

hulle kele is 'n oop graf,

met hulle tonge vlei hulle.

11Laat hulle boet, o God,

laat hulle deur hulle eie planne

tot 'n val kom.

Dryf hulle uitmekaar

oor hulle baie oortredings,

want hulle is in opstand teen U.

12Maar laat almal wat by U skuil,

bly wees;

laat hulle vir altyd juig

en sprei U beskerming oor hulle uit.

Laat dié wat u Naam liefhet,

oor U jubel.

13Want U, Here, U seën

die •regverdige,

soos 'n skild omring U hom

met welwillendheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help