Psalms 30 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die huis. Van Dawid.

2 Ek verheerlik U, Here,

want U het my opgetrek

en U het nie toegelaat

dat my vyande hulle

oor my verheug nie.

3 Here my God,

ek het na U om hulp geroep

en U het my gesond gemaak.

4 Here, U het my lewe

uit die •doderyk laat opkom;

U het my lewend gehou tussen dié

wat afdaal in die put.

5Besing die Here,

julle wat sy getroue volgelinge is,

en prys sy •heilige, gevierde Naam,

6want sy toorn duur 'n oomblik,

sy goedgesindheid 'n lewe lank.

In die aand word daar aanhoudend

gehuil,

maar teen die oggend is daar jubelkrete.

7Ek is die een wat onbesorg gesê het:

“Ek sal nooit wankel nie!”

8Deur u goedgesindheid

het U, Here, my so sterk

soos 'n berg laat staan.

Verberg U u gesig, is ek beangs.

9“Na U, Here, roep ek,

by my Heer smeek ek om genade:

10Watter nut het dit

as my bloed gestort word,

as ek na die grafkuil afgaan?

Sal stof U prys?

Sal dit u trou verkondig?

11Luister, Here,

en wees my genadig!

Here, wees vir my 'n helper!

12“U het my rouklag

in 'n koordans verander,

my rouklere uitgetrek

en my met vreugde omgord,

13sodat my hele wese U kan besing

en nie stilbly nie.

Here, my God, ek sal U vir altyd prys!”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help