Prediker 6 - Die Bybel 2020-vertaling

1 Daar is 'n euwel

wat ek gesien het onder die son,

en wat swaar druk op die mensdom:

2'n man aan wie God rykdom,

besittings en eer gee

sodat hy niks kortkom van alles

wat hy begeer nie,

maar God gee hom nie die geleentheid

om daarvan te geniet nie,

omdat 'n vreemde persoon

dit geniet.

Dit is sinloos en 'n bitter lyding.

3As iemand honderd kinders verwek

en baie jare leef

– hoe baie sy lewensjare

ook al is –

maar sy begeerte na die goeie

nie versadig word nie,

en daar ook nie 'n begrafnis

vir hom is nie,

dan sê ek:

'n Misgeboorte is beter as hy!

4Want sonder enige sin kom dit

en in duisternis gaan dit;

en met duisternis word die naam

daarvan bedek;

5boonop het dit die son

nie gesien of geken nie.

Dit het meer rus as daardie man,

6selfs al leef hy ook

twee maal duisend jaar,

maar geniet nie wat goed is nie.

Gaan alles nie maar

na een plek toe nie?

7 Al die inspanning van 'n mens

is maar net vir sy mond,

maar tog kry sy keel

nie genoeg nie.

8Ja, watter voordeel is daar

vir die wyse bo die dwaas?

Watter voordeel is daar

vir die magtelose wanneer

hy weet hoe om hom te gedra

teenoor die wêreld?

9Om met die oë te geniet,

is beter as onvervulde begeertes.

Ook dit is sinloos

en 'n gejaag na wind.

Gedigte oor menslike onkunde en die waarde van wysheid

10Wat bestaan,

is lankal reeds benoem.

Dit is bekend dat hy “mens” is,

en hy kan nie 'n regstryd begin

met Een wat magtiger as hy is nie.

11Wanneer daar meer woorde is,

word die sinloosheid meer.

Watter voordeel is daar vir die mens?

12Ja, wie weet wat goed is

vir die mens in die lewe

gedurende sy min,

sinlose lewensdae

wat hy deurbring

asof dit 'n skaduwee is?

Wie is dit wat die mens kan inlig

oor wat ná hom sal gebeur

onder die son?

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help