Psalms 13 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.

2 Hoe lank nog, Here?

Gaan U my vir altyd vergeet?

Hoe lank nog gaan U u gesig

vir my verberg?

3Hoe lank nog moet ek kwellinge

in my binneste dra,

elke dag kommer in my hart?

Hoe lank nog gaan my vyand

die oorhand oor my hê?

4Sien dit tog raak,

antwoord my, Here, my God!

Verlig tog my oë,

anders sink ek in 'n doodslaap weg,

5anders sê my vyand,

“Ek het hom oorweldig,”

anders juig my teenstanders

omdat ek tot 'n val gebring word.

6Maar ek – op u troue liefde

vertrou ek;

my hart wil juig oor u verlossing.

Ek wil vir die Here sing,

omdat Hy aan my goed gedoen het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help