2 Kronieke 27 - Die Bybel 2020-vertaling

Jotam koning van Juda

1Jotam was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Jerusa, dogter van Sadok.

2 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here, net soos sy vader Ussia gedoen het – hy het net nie die •tempel van die Here binnegegaan nie. Die volk het hulle egter steeds wangedra.

3Dit is hy wat die boonste poort van die huis van die Here gebou het. Aan die muur by die Ofel het hy baie bouwerk gedoen.

4Dorpe is deur hom in die bergland van Juda gebou, en in die beboste gebied het hy vestingstede en wagtorings gebou.

5Hy is ook die een wat teen die koning van die Ammoniete geveg en hulle oorweldig het. Die Ammoniete het daardie jaar vir hom 'n honderd kikkar silwer, tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee. Dieselfde hoeveelheid het die Ammoniete ook in die tweede en derde jaar aan hom gelewer.

6Jotam het sy mag stewig gevestig, want hy het sy pad koersvas geloop voor die Here sy God.

7 Die verdere geskiedenis van Jotam, al sy oorloë en ondernemings, kyk, dit is opgeteken in die boekrol van die konings van Israel en Juda.

8Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar lank as koning geheers in Jerusalem.

9 Jotam het by sy voorouers gaan rus, en hulle het hom in die •Stad van Dawid begrawe. Agas, sy seun, het in sy plek koning geword.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help