Psalms 138 - Die Bybel 2020-vertaling

1Van Dawid.

Ek wil U prys met my hele hart;

voor die gode wil ek U besing.

2Ek wil in aanbidding buig

na u •heilige •tempel;

ek wil u Naam prys

oor u troue liefde, oor u trou;

Want U het u beloftes

bo al u roem laat uitstyg.

3Die dag toe ek geroep het,

het U my geantwoord.

U maak my innerlik sterker.

4Al die konings van die aarde

moet U prys, Here,

wanneer hulle die woorde

van u mond hoor.

5Hulle moet sing oor die weë

van die Here:

“Groot is die heerlikheid van die Here.

6Ja, verhewe is die Here,

maar nederiges sien Hy raak

en hoogmoediges ken Hy van ver af.”

7As ek in diep benoudheid verkeer,

bewaar U my lewe;

teen die toorn van my vyande

steek U u hand uit;

u regterhand verlos my.

8Die Here self tree vir my in.

Here, u troue liefde duur vir ewig;

u handewerk –

moet dit nie laat vaar nie!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help