Psalms 26 - Die Bybel 2020-vertaling

1Van Dawid.

Handhaaf my reg, Here,

want ek, ek gedra my onberispelik;

ek vertrou op die Here,

ek wankel nie.

2Toets my, Here,

en stel my op die proef.

Suiwer my niere en my hart!

3Want ek hou u troue liefde voor oë

en ek leef volgens u waarheid.

4Ek sit nie by bedrieërs nie,

en by slinkse mense kom ek nie.

5Ek het 'n weersin in die byeenkoms

van kwaaddoeners,

en by goddeloses sit ek nie.

6Ek was my hande

om my onskuld te toon,

sodat ek rondom u altaar kan loop, Here,

7om 'n loflied te laat opklink

en te vertel van al u wonderdade.

8 Here, ek het die huis

waar U woon, lief,

u heerlike woonplek.

9Moet my nie wegruk

saam met sondaars,

my lewe saam met manne

wat bloed vergiet nie,

10hulle aan wie se hande

'n skanddaad kleef,

en wie se regterhand

vol omkoopgeld is.

11Maar ek, ek gedra my onberispelik –

red my en wees my genadig!

12My voet staan op gelyk grond;

in die byeenkomste

sal ek die Here prys.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help