Job 10 - Die Bybel 2020-vertaling

1 “Ek walg van my lewe!

Ek wil aan my klagte vrye teuels gee;

uit die bitterheid van my siel wil ek praat.

2Ek sê vir God,

‘Moet my nie skuldig verklaar nie!

Lig my eers in waaroor U met my 'n regstryd voer.’

3“ Vind U dit goed dat U verdruk,

dat U die werk van u hande verwerp,

maar oor die planne van goddeloses lig laat skyn?

4 Het U menslike oë;

kyk U soos 'n sterfling kyk?

5Is u lewensdae soos die dae van 'n sterfling,

u jare soos die dae van 'n man,

6dat U my sondeskuld naspeur,

my sonde peil,

7 alhoewel U weet

dat ek nie skuldig is nie,

en dat daar niemand is

wat uit u hand kan red nie?

8“ U hande het my gevorm, my gemaak;

maar U verdelg my geheel en al!

9 Dink tog daaraan dat U my soos klei gevorm het.

Wil U my na die stof laat terugkeer?

10Het U my nie soos melk uitgegiet,

my tot kaas laat stol nie,

11vel en vleis oor my getrek,

en my bene en spiere aan mekaar gevleg nie?

12Die lewe en troue liefde het U aan my gegee;

U sorg het oor my gees die wag gehou.

13 Maar hierdie dinge het U in u hart versteek;

ek weet dat U dít in gedagte gehad het:

14 As ek sondig, sou U my dophou;

van my sondeskuld sou U my

nie vryspreek nie.

15 As ek skuldig sou wees, wee my!

En as ek gelyk sou hê,

kan ek my kop nie lig nie –

versadig van skande

en sat van my ellende.

16As ek wel my kop lig –

soos 'n leeu jag U my,

en toon weer u ontsagwekkende mag teen my.

17U bring nuwe getuies teen my,

U laat u verergdheid oor my toeneem;

skofte van dwangarbeid word my opgelê.

18“ Waarom het U my

uit die baarmoeder laat gaan?

Ek moes omgekom het,

en geen oog moes my gesien het nie.

19Ek sou dan wees

asof ek glad nie bestaan het nie.

Van die moederskoot

moes ek na die graf geneem word.

20 Is my lewensdae nie min nie?

Hou dan tog op!

Laat my alleen,

sodat ek 'n bietjie vrolik kan wees

21 voordat ek heengaan en nie weer terugkeer nie –

na 'n land van donkerte, ja, stikdonkerte,

22'n land so duister

soos die stikdonkerste

duisternis, wanordelik,

en waar die glans van lig

soos duisternis is.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help