Psalms 20 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.

2 Mag die Here u antwoord

op die dag van benoudheid;

mag die Naam van die God

van Jakob u beskerm.

3Mag Hy vir u hulp stuur

uit die heiligdom,

en u uit Sion ondersteun.

4Mag Hy al u offergawes

in gedagte hou,

u •brandoffers aanvaarbaar vind. •Sela

5Mag Hy aan u gee wat u hart verlang,

en elkeen van u planne laat slaag.

6Ons wil juig oor u verlossing,

in die Naam van ons God

die vaandel hoog hou.

Mag die Here aan al u versoeke voldoen!

7Nou weet ek dat die Here

sy gesalfde verlos;

Hy sal hom antwoord

uit sy •heilige hemel

met kragtige verlossingsdade

van sy •regterhand.

8Party beroem hulle op strydwaens,

ander weer op perde,

maar ons, ons beroem ons op die Naam

van die Here ons God.

9Hulle sak inmekaar en val,

maar ons, ons staan op en bly staande.

10 Here, verlos tog die koning!

Mag Hy ons antwoord op die dag

wanneer ons roep!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help