Psalms 99 - Die Bybel 2020-vertaling

1Die Here regeer –

laat die volke bewe!

Hy troon oor gerubs –

laat die wêreld sidder!

2Die Here in Sion is groot,

verhewe is Hy bo al die volke.

3Laat hulle u groot

en ontsagwekkende Naam prys

– “•Heilig is Hy!” –

4en die krag van die Koning,

Hy wat die reg liefhet.

Dit is U wat billikheid,

reg en geregtigheid

gevestig het in Jakob;

U het dit gedoen.

5Verheerlik die Here ons God,

buig in aanbidding

voor die voetbank vir sy voete:

“Heilig is Hy!”

6Moses en Aäron

was onder sy priesters,

Samuel onder dié wat sy Naam

aangeroep het.

Wanneer hulle die Here aangeroep het,

het Hy self hulle geantwoord.

7Uit 'n wolkkolom het Hy

met hulle gepraat.

Hulle het sy bepalings nagekom,

ook die vaste voorskrifte

wat Hy vir hulle gegee het.

8 Here, ons God, U self

het hulle geantwoord.

U was vir hulle 'n God wat vergewe,

maar ook Een wat hulle dade vergeld.

9Verheerlik die Here, ons God,

buig in aanbidding voor sy heilige berg,

want heilig is die Here, ons God.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help