1Halleluja!
א ALEFEk wil die Here prys met my hele hart,
ב BETin die kring van opregtes
en in die byeenkoms.
ג GIMEL2Indrukwekkend is die werke
van die Here,
ד DALET'n bron van nadenke vir almal
wat vreugde daarin vind.
ה HE3Vol luister en glansrykheid
is wat Hy doen,
ו WAWen sy geregtigheid hou stand vir altyd.
ז ZAJIN4Hy het bewerk dat sy wonders
onthou word.
ח GETGenadig en barmhartig is die Here.
ט TET5Hy het kos gegee aan wie
vir Hom ontsag het.
י JODHy hou vir ewig sy verbond in gedagte.
כ KAF6Die krag van sy dade het Hy
aan sy volk bekend gemaak
ל LAMEDdeur die erfdeel van nasies
aan hulle te gee.
מ MEM7Die werk van sy hande
is betroubaar en reg.
נ NUNBetroubaar is al sy opdragte,
ס SAMEK8bestendig vir altyd, vir ewig –
ע AJINdit word nagekom in trou en opregtheid.
פ PE9Verlossing het Hy vir sy volk gestuur.
צ TSADEHy het sy verbond vir ewig voorgeskryf.
ק KOFHeilig en ontsagwekkend is sy Naam.
ר RESJ10Die begin van wysheid
is ontsag vir die Here;
שׂ SINalmal wat sy opdragte uitvoer,
het goeie insig.
ת TAWSy lof hou vir altyd stand.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.