Hosea 7 - Die Bybel 2020-vertaling

1 terwyl Ek Israel genees,

kom die sondeskuld van Efraim

en die booshede van Samaria

aan die lig.

Ja, hulle het vals opgetree:

Diewe breek in,

en op straat plunder rowerbendes.

2Hulle dink nie eers daaraan

dat Ek al hulle boosheid

in gedagte hou nie.

Nou het hulle dade hulle ingehaal;

dit lê oop en bloot voor My.”

Staatsgrepe in Israel

3“ Met hulle boosheid

verheug hulle die koning,

en met hulle leuens, leiers;

4 hulle is almal ontroues.

Dit is soos 'n oond wat bly smeul,

soos wanneer die bakker

ophou vuurmaak,

vandat die deeg geknie is

totdat dit uitgerys het.

5 Op die dag van ons koning

het hulle die leiers bedwelm

met die gloed van wyn;

dit het die raadgewers

in sy mag meegevoer.

6 Toe hulle hulde betoon het,

was hulle harte soos 'n oond,

terwyl hulle 'n hinderlaag opstel.

Die hele nag sluimer hulle drif;

teen die môre vlam dit op soos 'n vuur.

7Hulle het almal gegloei soos 'n oond;

hulle het hulle heersers verteer;

al hulle konings het tot 'n val gekom.

Daar is onder hulle nie een

wat na My roep nie.”

Mislukte buitelandse beleid

8 “Efraim is onder die nasies,

hy word self geknie.

Efraim het geword soos 'n roosterkoek

wat nie omgedraai is nie.

9 Vreemdes het sy kragte verteer,

maar hy besef dit nie.

Hy het ook grys geword,

maar hy besef dit nie.

10 Israel se hoogmoed getuig teen hom,

maar hulle keer nie terug

na die Here hulle God nie;

te midde van dit alles

soek hulle Hom nie op nie.

11 Efraim het geword soos 'n duif –

dom en sonder verstand.

Hulle het vir Egipte gekoer,

maar na Assirië gevlieg.

12Wanneer hulle vlieg,

sprei Ek my vangnet oor hulle uit.

Soos voëls van die hemel

sal Ek hulle neertrek.

Ek sal hulle vang soos iemand

wat vir die swerm luister.

13 Wee hulle,

want hulle vlug weg van My af.

Verwoesting wag op hulle,

want hulle het teen My oortree.

Ek wou hulle verlos,

maar hulle het leuens oor My vertel.

14 Hulle roep nie uit die hart

na My om hulp nie;

want hulle kerm op hulle lêplekke;

oor koring en •nuwe wyn sny hulle

hulleself stukkend –

so draai hulle teen My.

15 Ek is die Een wat hulle geleer het.

Ek het hulle arms sterk gemaak,

maar teen My beplan hulle kwaad.

16Hulle keer terug na wat nutteloos is;

hulle het soos 'n slap boog geword.

Hulle leiers sal deur die swaard val

oor die vervloeking

wat hulle uitgespreek het.

Dit sal hulle bespotting wees

in Egipteland.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help