Hosea 6 - Die Bybel 2020-vertaling

1 “Kom ons keer terug na die Here –

want Hy is die Een

wat ons verskeur het,

maar Hy sal ons gesond maak;

Hy het ons geslaan,

maar Hy sal ons wonde verbind.

2Hy sal ons ná twee dae lewend maak,

op die derde dag

sal Hy ons laat opstaan,

sodat ons voor Hom kan lewe.

3 Laat ons Hom ken,

laat ons daarna streef

om die Here te ken.

So seker soos dagbreek is sy verskyning;

Hy sal soos reën na ons toe kom,

soos lentereën

wat die grond deurnat maak.”

4“ Wat moet Ek met jou doen, Efraim?

Wat moet Ek met jou doen, Juda?

Julle trou is soos 'n môrewolk,

soos dou wat vroeg verdwyn.

5 Daarom het Ek hulle neergevel

deur die profete,

hulle omgebring met die woorde

van my mond.

My oordele verskyn soos die lig;

6 want Ek verwag troue liefde,

nie offers nie;

kennis van God,

eerder as •brandoffers.”

Israel se ontrouheid

7“ Maar hulle het die verbond

oortree soos in Adam;

daar was hulle ontrou aan My.

8 Gilead is 'n dorp van boosdoeners,

hulle laat 'n spoor van bloed.

9 Soos struikrowers

wat iemand voorlê,

is die priesterbende –

op die pad na Sigem pleeg hulle moord;

ja, hulle tree skandelik op.

10 “In die huis van Israel

het Ek iets afskuweliks gesien:

Daar het die hoerery van Efraim

plaasgevind,

is Israel verontreinig.”

11 Ook Juda –

Hy het vir jou 'n oes bestem.

“Terwyl Ek die lot van my volk

verander,

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help