Psalms 54 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. 'n Maskiel. Van Dawid.

2 Toe die Sifiete gegaan en vir Saul gesê het: “Het Dawid dan nie by ons kom wegkruip nie?”

3 O God, verlos my deur u Naam

en verdedig my saak deur u groot krag.

4O God, hoor my gebed;

luister na die woorde van my mond,

5want vreemdes het teen my opgestaan

en gewelddadige mense soek my lewe.

Hulle hou God nie voor oë nie. •Sela

6Kyk, God is vir my 'n helper,

my Heer is die Een

wat my lewe ondersteun.

7Hy sal my teenstanders

vir hulle kwaad vergeld.

Omdat U getrou is, vernietig hulle!

8Vrywillig wil ek offers aan U bring.

Ek wil u Naam prys, Here,

want dit is goed;

9ja, u Naam het my uit alle nood gered

en ek kon op my vyande neerkyk.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help