Psalms 98 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n Psalm.

Sing vir die Here 'n nuwe lied,

want Hy het wonders gedoen.

Sy regterhand, sy •heilige arm,

het Hom bygestaan.

2Die Here het sy verlossing

bekend gemaak;

voor die oë van die nasies het Hy

sy •geregtigheid geopenbaar.

3 Hy het sy troue liefde,

sy getrouheid teenoor

die huis van Israel, onthou.

Al die uithoeke van die aarde

het die verlossing

deur ons God gesien.

4Juig tot eer van die Here,

o ganse aarde;

wees vrolik,

jubel en besing Hom,

5besing die Here

met begeleiding van liere,

op die lier saam met

die klank van sang,

6op trompette saam met

die klank van •ramshorings.

Juig voor die Koning, die Here.

7Laat die see en alles daarin

dit uitbasuin,

die aarde en dié wat daarop woon.

8Laat die riviere hande klap

en saam met die berge jubel

9voor die Here;

want Hy kom om die wêreld te oordeel,

Hy sal die aarde oordeel in geregtigheid

en die volke in billikheid.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help