Psalms 53 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Op Magalat. 'n Maskiel. Van Dawid.

2 Dwase sê in hulle hart:

Daar is geen God nie.

Hulle tree gruwelik en afstootlik op.

Daar is nie een wat goed doen nie.

3God kyk vanuit die hemel na die mense

om te sien of daar iemand is

wat verstandig is,

iemand wat God soek.

4Almal het afgedwaal,

saam het hulle ontaard;

daar is nie een wat goed doen nie,

selfs nie een nie.

5Is almal wat onreg pleeg

dan sonder insig,

hulle wat my volk eet

soos 'n mens brood eet?

Hulle roep God nie aan nie.

6Dan oorval skrik hulle

as daar niks te vrese is nie.

Want God het die beendere

van hulle wat jou beleër het, verstrooi.

Jy laat hulle beskaamd staan,

want God het hulle verwerp.

7Mag daar uit Sion redding kom

vir Israel!

Wanneer God die lot van sy volk

omkeer,

moet Jakob juig,

moet Israel bly wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help