Psalms 11 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Van Dawid.

By die Here skuil ek;

hoe kan julle dan vir my sê:

“Vlug soos 'n voël na die berge,

2want kyk, die goddeloses

span 'n boog,

hulle sit hulle pyle op die boogsnaar

om in die donker

op die opregtes van hart te skiet.

3As die fondamente afgebreek word,

wat kan 'n regverdige dan doen?”

4Die Here is in sy •heilige paleis,

die Here –

in die hemel is sy troon.

Sy oë sien;

sy blik toets die mensekinders.

5Die Here –

'n regverdige toets Hy,

maar in 'n goddelose en iemand

wat geweld liefhet,

het Hy 'n weersin.

6 Hy laat gloeiende kole

op goddeloses neerreën –

vuur en swael

en 'n verskroeiende wind;

dit is wat hulle toekom,

dit is hulle beker.

7Want regverdig is die Here,

Hy het geregtigheid lief,

opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help