Psalms 124 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n •Pelgrimslied. Van Dawid.

As die Here nie vir ons was nie

– laat Israel dit sê –

2as die Here nie vir ons was

toe mense teen ons

opgestaan het nie,

3dan het hulle ons lewendig

ingesluk toe hulle toorn

teen ons ontbrand het;

4dan het die water ons oorspoel,

'n stroom ons oorweldig;

5dan het die tierende waters

ons lewens oorweldig.

6Die Here moet geprys word,

Hy wat ons nie as prooi

aan hulle tande oorgegee het nie.

7Ons, net soos 'n voël

het ons ontvlug

uit die net van voëlvangers:

Die net is gebreek

en ons, ons het ontvlug.

8Ons hulp is in die Naam

van die Here wat hemel

en aarde gemaak het.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help