Esegiël 15 - Die Bybel 2020-vertaling

Jerusalem as nuttelose hout

1 Die woord van die Here het tot my gekom:

2“Mensekind, wat gebeur met die hout

van die wingerdstok anders

as wat met al die ander hout gebeur,

met die takke wat aan die bome

van die bos was?

3Word van die wingerdstok hout geneem

om iets bruikbaars daarvan te maak?

Of neem mense 'n stuk daarvan

as 'n pen om enigiets aan op te hang?

4Kyk, dit is vir die vuur bestem,

as brandhout.

As die vuur sy twee punte verteer het

en sy middelstuk is verkool,

sal dit deug vir iets bruikbaars?

5Kyk, toe dit ongeskonde was,

kon daarvan nie iets bruikbaars

gemaak word nie.

Veel minder kan daar,

nadat 'n vuur dit verteer het

en dit verkool is,

iets bruikbaars van gemaak word.”

6“Daarom, so sê my Heer, die Here, ‘Soos die hout van die wingerdstok hoort by die hout van die bos wat Ek vir die vuur as brandhout gegee het, net so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee.

7Ek draai teen hulle. Uit die vuur het hulle gekom, maar die vuur sal hulle verteer. Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek teen hulle draai.

8Ek sal die land 'n woesteny maak, omdat hulle troubreuk gepleeg het.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.”

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help