Psalms 131 - Die Bybel 2020-vertaling

1'n •Pelgrimslied. Van Dawid.

Here, my hart is nie hoogmoedig

en my oë nie verwaand nie.

Ek hou my nie besig met groot dade

of wat te wonderbaar is vir my nie.

2Maar ek het my siel tot kalmte

en bedaring gebring.

Soos 'n kindjie by sy moeder,

soos 'n kindjie, is my siel in my.

3Israel, vestig jou hoop op die Here,

nou en vir altyd.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help