Psalms 14 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Van Dawid.

Dwase sê in hulle harte:

Daar is geen God nie.

Hulle tree gruwelik en afstootlik op.

Daar is nie een wat goed doen nie.

2Die Here kyk vanuit die hemel

na die mense om te sien of daar

iemand is wat verstandig is,

iemand wat God soek.

3Almal het afgedwaal,

saam het hulle ontaard;

daar is nie een wat goed doen nie,

selfs nie een nie.

4Is almal wat onreg pleeg

dan sonder insig,

hulle wat my volk eet

soos 'n mens brood eet?

Hulle roep die Here nie aan nie.

5Dan oorweldig skrik hulle,

want God is met die regverdige geslag.

6Julle wil die planne

van die magtelose bespotlik maak,

maar die Here is sy skuilplek.

7 Mag daar uit Sion redding kom

vir Israel!

Wanneer die Here die lot

van sy volk omkeer,

moet Jakob juig,

moet Israel bly wees.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help