Psalms 137 - Die Bybel 2020-vertaling

1Aan die riviere van Babel,

daar het ons gesit en gehuil

wanneer ons aan Sion dink.

2Aan die rivierwilgers in daardie land

het ons ons liere opgehang;

3want daar het dié wat ons

gevange geneem het vir ons

die woorde van 'n lied gevra;

hulle wat ons weggevoer het,

het van ons vreugde verwag:

“Sing vir ons een van die Sionsliedere!”

4Hoe kan ons 'n lied van die Here

sing op vreemde grond?

5As ek jou vergeet, Jerusalem,

mag my regterhand dan vergeet

hoe om te speel.

6Mag my tong aan my verhemelte kleef,

as ek jou nie onthou nie,

as ek Jerusalem nie my

heel grootste vreugde maak nie.

7 Here, onthou die Edomiete

oor die dag van Jerusalem,

hulle wat gesê het:

“Stroop, stroop haar

tot op die fondamente!”

8 Dogter van Babel,

gedoem tot verwoesting,

gelukkig die een

wat jou jou dade vergeld

wat jy ons aangedoen het!

9 Gelukkig die een

wat jou kinders gryp

en verpletter teen 'n rotswand!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help