Psalms 149 - Die Bybel 2020-vertaling

1Halleluja!

Sing vir die Here 'n nuwe lied –

sy lof in die byeenkoms

van getroue volgelinge!

2Laat Israel hom verheug in sy Maker,

laat die kinders van Sion juig

oor hulle Koning.

3Laat hulle sy Naam loof met koordans,

met begeleiding van tamboeryne

en liere Hom besing.

4Want die Here is sy volk goedgesind;

Hy vereer verdruktes met oorwinning.

5Laat getroue volgelinge juig

in eerbetoon;

laat hulle jubel op hulle beddens –

6met verheerliking van God

uit hulle kele,

en tweesnydende swaarde

in hulle hande,

7om vergelding te voltrek

onder die nasies,

straf onder die volke,

8om hulle konings

in kettings te slaan

en hulle geëerdes in ysterboeie,

9om die vonnis wat opgeteken is,

oor hulle te voltrek.

Dit sal luister verleen

aan al sy getroue volgelinge.

Halleluja!

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help