Psalms 61 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Met snarespel. Van Dawid.

2 Hoor my klaagroep, o God,

luister aandagtig na my gebed.

3Van die einde van die aarde

roep ek na U,

wanneer my moed my begewe.

Lei my na 'n rots

wat vir my te hoog is;

4want U is vir my 'n skuilplek,

'n versterkte toring teen die vyand.

5Ek wil vir altyd in u tent vertoef,

ek wil skuil onder die beskutting

van u vlerke. •Sela

6U is immers die Een wat luister

na my geloftes, o God;

U gee 'n erfdeel aan hulle

wat vir u Naam ontsag het.

7Vermeerder tog die dae

van die koning se lewe,

mag sy lewensjare geslagte lank duur,

8mag hy altyd voor God regeer.

Voorsien toewyding en waarheid,

laat dit oor hom wag hou!

9Só wil ek u Naam vir altyd besing,

om my geloftes dag ná dag te betaal.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help