1'n •Pelgrimslied.
Na U kyk ek op,
U wat in die hemel woon.
2Kyk, soos die oë van slawe gerig is
op die hand van hulle eienaar,
soos die oë van 'n slavin gerig is
op die hand van haar eienares,
so is ons oë gerig op die Here ons God
totdat Hy ons genadig is.
3Wees ons genadig, Here,
wees ons genadig;
want ons het meer as genoeg gehad
van minagting;
4tot in ons diepste wese het ons
meer as genoeg gehad van die spotlag
van selfvoldane mense,
van die minagting deur hooghartiges.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.