1'n •Pelgrimslied.
Na die Here het ek in my nood geroep
en Hy het my geantwoord.
2 Here, bevry my lewe,
van lippe wat lieg,
van 'n tong wat bedrieg.
3Wat moet Hy jou gee,
en wat moet Hy vir jou byvoeg,
bedrieglike tong?
4Die skerpgemaakte pyle van 'n held
saam met gloeiende kole
van 'n witbesembos!
5Wee my, want ek vertoef
as 'n •vreemdeling in Meseg;
ek woon by die tente van Kedar.
6Te lank woon ek by hulle
wat vrede haat.
7Ek is vir vrede,
maar wanneer ek praat,
is hulle gereed vir oorlog.
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.