1 Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2“ Om te heers en vrees in te boesem,
is eie aan God,
Hy wat vrede handhaaf in sy hoë hemele.
3Kan die getal van sy troepe vasgestel word?
Oor wie gaan sy lig nie op nie?
4 Hoe kan 'n sterfling
dan regverdig wees voor God?
Hoe kan iemand uit 'n vrou gebore,
rein wees?
5Kyk, in sy oë is selfs
die maan nie helder
en die sterre nie rein nie,
6 hoeveel minder nog 'n sterfling,
'n maaier, 'n mensekind, 'n wurm!”
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.