Psalms 57 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Op “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. 'n Miktaam. Toe hy voor Saul in die grot in gevlug het.

2 Wees my genadig, o God,

wees my genadig,

want by U skuil ek;

in die skadu van u vlerke sal ek skuil

totdat die vernietiging verby is.

3Ek roep na God, die Allerhoogste,

na God, wat namens my vergeld.

4Hy sal uit die hemel hulp stuur

en my verlos.

Hy verwar hom wat my teister. •Sela

God sal sy troue liefde

en sy waarheid stuur.

5Ek is tussen leeus;

ek lê tussen hulle wat mense verslind –

hulle tande is spiese en pyle,

hulle tonge is skerp swaarde.

6Verhef U bo die hemele, o God,

u heerlikheid oor die hele aarde.

7'n Net het hulle gespan vir my voete –

hulle het my neerslagtig gemaak.

Hulle het 'n vangkuil voor my gegrawe –

hulle het self daarin geval.

8 My hart is standvastig, o God,

my hart is standvastig.

Ek wil sing, ek wil lofsing.

9Word wakker, my gemoed!

Word wakker, harp en lier!

Ek wil die dagbreek wakker maak.

10Ek wil U dank onder die volke, my Heer,

ek wil U besing onder die nasies;

11want groot, tot aan die hemel,

reik u troue liefde;

tot by die wolke is u waarheid.

12Verhef U bo die hemele, o God,

u heerlikheid oor die hele aarde.

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help