Psalms 46 - Die Bybel 2020-vertaling

1Vir die •musiekleier. Van die Koragiete. Op “Jong vroue”. 'n Lied.

2 God is vir ons 'n skuilplek

en 'n bron van krag;

as hulp in benoudheid

is Hy altyd te vinde.

3 Daarom sal ons nie bang wees

wanneer die aarde skud,

en berge wankel in die hart

van die see nie.

4Sy waters kan maar woed,

kan maar skuim,

berge kan maar bewe

in sy dreuning. •Sela

5Daar is 'n rivier –

sy watervore verskaf vreugde

aan die stad van God,

die heiligste woonplek

van die Allerhoogste.

6God is in haar midde,

sy sal nie wankel nie.

God sal haar help

wanneer die oggend aanbreek.

7 Nasies was onstuimig,

koninkryke het gewankel,

Hy het sy stem laat hoor;

die aarde sidder.

8Die Here, Heerser oor alle magte,

is met ons,

'n toevlugsoord is die God

van Jakob vir ons. Sela

9Kom kyk na die dade van die Here,

Hy wat skrikwekkende dinge

op aarde doen,

10wat oorloë laat ophou

tot aan die einde van die aarde.

Boë breek Hy stukkend

en Hy verpletter spiese;

waens verbrand Hy in die vuur.

11“Bedaar en erken dat Ek God is,

Ek is verhewe bo die nasies,

Ek is verhewe bo die aarde.”

12Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons,

'n toevlugsoord is die God

van Jakob vir ons. Sela

Blog
About Us
Message
Site Map

Who We AreWhat We EelieveWhat We Do

Terms of UsePrivacy Notice

2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.

Home
Gospel
Question
Blog
Help