1Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied.
Die fondamente wat Hy gelê het,
rus op •heilige berge.
2Die Here het die poorte van Sion
liewer as al die wonings van Jakob.
3Glorieryke dinge word oor jou gesê,
stad van God: •Sela
4“Ek sal Rahab en Babilonië noem
onder dié wat My erken,
ja, Filistea en Tirus saam met Kus
onder dié wat daar gebore is.”
5En oor Sion sal daar gesê word:
“Man vir man is in haar gebore,
en die Allerhoogste self
hou haar in stand.”
6Die Here teken in die •boekrol
van volke op:
“Hierdie een is daar gebore.” Sela
7 Terwyl hulle dans, sing hulle:
“Al my bronne is in jou.”
Who We AreWhat We EelieveWhat We Do
2025 by iamachristian.org,Inc All rights reserved.